Besigheidsure
09:00vm ~ 05:00nm
Kontak ons!
+27 60 813 1897

Ons kundige span

Die direksie het in  persoonlike hoedanigheid gekombineerd meer as R10 miljoen in eiendom en sakebelange op Orania en omgewing belê.

Team member image
Sakenet Direksie

Team member image
Jaco Mulder

Voorsitter

Jaco is gebore en getoë Krugersdorper.

Hy  beskik oor uitgebreide ondervinding in die veiligheid-en regswêreld as voormalige lid van die SAP en later as nasionale voorsitter van NABUVSA (Nasionale burgerlike veiligheids-en sekuriteitsaksie)

Vanaf 1998 tot 2014 dien hy in verskeie ampte in die Afrikaner kultuur-en politiek ondermeer as Gautengleier van die VF Plus en LPW.

Hier dien hy op verskeie portefeuljekomitees en hou hy hom besig met  onderhandelings, oorsig oor toepaslike wetgewing en beywer homself vir Afrikaner selfstandigheid en die ontwikkeling van gemeenskapsekonomie. Hy is sedert 1996 betrokke by Orania, ondermeer as oprigterslid en burgerraadslid van die Orania Beweging.

Hy dien op verskeie sake-en kultuurforums en besig hom met uitgebreide sakebelange in Gauteng en die Noord Kaap

Jaco het ‘n passie vir die selfstandigheid van gemeenskappe. Hy deel en leef die visie , droom en welsyn van selfstandige gemeenskappe, veral die ontwikkeling van gemeenskapsekonomie.

Hy is ‘n belegger in Orania en ‘n oprigterslid van Sakenet.

Team member image
L’lize Janse van Rensburg

Ondervoorsitter

L’lize is gebore in Johannesburg en voltooi haar skoolopleiding in Pretoria. Hier werk sy in die sake- en bemarkingswêreld waar sy oor tyd  ondermeer in die eiendomsmark presteer. Sy dien ook oor tyd as bemarkingsdirekteur van die Pretoria Sakekamer en bemarkingsdirekteur van ‘n vooraanstaande skool in Pretoria. Sy is vir ongeveer 17 jaar reeds aktief by Orania betrokke waar sy ‘n suksesvolle onderneming bedryf.

Sy beywer haar vir plaaslike gemeenskapsontwikkeling, is ‘n belegger op Orania en oprigterslid van Sakenet.

Team member image
Gerhardt Myburgh

Sekretaris

Gerhardt is ‘n gebore Johannesburger wat skoolgaan en studeer in Pretoria.

Hy het uitgebreide ondervinding as jarelange lid van die SAP en is ‘n praktiserende projek-en risiko bestuurder.

Gerhardt beywer hom aktief vir die daarstelling van veilige selfstandige gemeenskappe en is aktief by Orania betrokke as belegger en stigterslid van Sakenet.

Team member image
Danell Schönveldt

Administrasie

Hierdie gebore Pretorianer is reeds van  jonks af betrokke in die onderwys en beywer haar aktief vir die strewe van selfstandige gemeenskappe.

Danell dien as waardevolle skakel met die jeug en jong werkendes veral in soverre dit die bewusmaking van selfstandigheid as toekomsoplossing vir jongmense

Sy woon en werk op Orania  in die eiendoms-en gasvryheidsbedryf  en is ’n belegger in eiendom op Orania en oprigterslid van die ontwikkelingspan van SAKENET.

Team member image
Theo Röhm

Projekte

Theo is ‘n gebore Lydenburger wat ‘n draai in die sakewêreld in Jeffreysbaai gaan maak het waar hy ondermeer in die eiendoms-en vervaardigings bedryf werksaam was.

Hy kwalifiseer as argitekstegnoloog en onderskei homself op die gebied van gebou ontwerp. Theo woon op Orania waar hy oor tyd betrokke raak in die eiendomsbedryf en is tans ook betrokke by ‘n infrastruktuurontwikkelings maatskappy.

Theo ontwikkel ook eiendom, is ondermeer ‘n belegger op Orania en omgewing en stigerslid van SAKENET.

Ons help jou om voordeel te trek uit die geleenthede wat ons sakemodel bied!