Besigheidsure
09:00vm ~ 05:00nm
Kontak ons!
+27 60 813 1897

SAKENET - Oorsig

SAKENET is ‘n geregistreerde primêre koöperasie wat werkskepping bevorder vir sy teikenmark deur die oprigting en uitbreiding van klein-medium ondernemings.

Beleggingskapitaal word verkry deur middel van aandeelhouding wanneer u as lid by SAKENET aansluit en aandelekapitaal in die koöperasie opneem.

U as aandeelhouer verkry  ‘n belang in die totale spektrum van sakebedrywighede van die koöperasie. Lede word dus mede aandeelhouers in ondernemings en deel ook in die opbrengste.

SAKENET bring entrepreneur, idee, sakeplan, finansiering en mentor byeen om volhoubare sake ondernemings op te rig of ‘n belang daarin te verkry.

SAKENET lede sorg verder vir ‘n waardevolle kundigheidspoel wat onderling netwerk en ageer in wese ook as ‘n nis sakekamer.

Ons bied pasgemaakte oplossings, sektorale kundigheid, mentorskap, sake-en woon persele ontwikkel, asook ander waardetoegevoegde dienste tot die bevordering van klein en medium grootte ondernemings wat volhoubare ekonomiese geleenthede en leefruimte sal skep vir sy aangewese teikenmark in die Noordwes Kaap.

SAKENET is uniek geposioneer met ons missie, visie en waardestelsel, korporatiewe netwerk en inligting, winsbejag, gereelde aandeelhouers kommunikasie, toegang tot inligting, SAKENET kliënte manifes, sakeplanne, opleiding, eenstop groeisentrum, mentorskap en konsultasiesentrum, inligting-en kennis kern, eiendom, wenke en blogs, skakels en hulpbronne, nuusbrief, SAKENET ondernemingsindeks, mediakamer.

SAKENET bevorder die uitbou en behoud van Afrikaner kultuur op ekonomiese gebied en fokus op werkskepping in die Noord Wes Kaap

SAKENET ondersteun ondermeer die Orania “ van dorp tot stad” projek

Sakenet

Die SAKENET voetspoor

Dit is tyd om mede verantwoordelikheid vir jou eie toekoms te neem. Om weer ‘n nuwe Federale Volksbeleggings, ‘n nuwe SANLAM, ‘n nuwe Volkskas en ‘n nuwe “Kleinsake ontwikkelings-korporasie” op te rig waarin elke deelnemer ‘n belang kan hê in die welvaartskepping van ons mense.

Vryheid het vele fasette, vryheid van assosiasie, vrye deelname aan die ekonomie, vryheid van keuse van onderrigtaal, vryheid van beweging sonder misdaad, vrye toegang na ‘n skoon en onbesoedelde omgewing, vryheid om seggenskap te hê en invloed uit te oefen oor sake wat jou en jou gemeenskap raak. Kontak ons om meer inligting en ‘n aansoek om lidmaatskap.

Sluit vandag nog aan by SAKENET en verkry ‘n belang in jou toekomswelvaart.

Ons voetspore lê nog onvoltooid.

Jaco Mulder

Voorsitter Sakenet Koöperasie Bpk

SAKENET bevorder die uitbou en behoud van Afrikaner kultuur op ekonomiese gebied